JF OESTER

Die Lig van Hoop vir Nuwe Saadjies

Apr 29, 2024

Berig Deur Lisa Botha

Foto: J..F.., JF BO! (Rasies, VRL en graad 7’s vang gees) – Jani vd Merwe

In die skemer van die 15de April 2024, het die skoolhek van Hoërskool Jim Fouché oopgeswaai om die nuwe saadjies (en hul ouers) van skole regoor Bloemfontein te verwelkom vir die jaarlikse Graad 7-Ouerinligtingsaand.

Hierdie saadjies se twyfel het vinnig weggesmelt toe die VRL, onderwysers en passievolle leerders van Jim Fouché hulle ontvang en verwelkom het.

In ‘n ruimte deurdrenk met beloftes en potensiaal, is die opwindende gees van die aand aangevul deur die nuwe saadjies aan ons multikulturele skool voor te stel. Elke sport, kultuuraktiwiteit en sommige vakke is gebruik om hierdie saadjies te wys net hoe grensloos ons skool regtig is.

Vir hierdie nuwe saadjies, nog nie ontkiem in die volheid van hul potensiaal nie, is die toekoms soos ‘n onmeetbare horison wat wag om ontdek te word.

Maar te midde van die onsekerheid is daar ‘n onsigbare krag wat diepte gee aan elke tree, elke keuse, en elke droom. Dit is die krag van moed. Die moed om te groei, om te floreer, om te wees.

Vir die nuwe saadjies wat vandag die belowende reis begin, is moed nie net ‘n woord nie; dit is ‘n lewensfilosofie. Dit is die krag wat hulle elke dag sal aanmoedig om die onbekende te omhels, om hul eie stemme te vind te midde van die lawaai van die wêreld, om hul eie lig te laat skyn ten spyte van die donker.

Tydens hierdie Ope-aand is daar ’n belofte van hoop gebied; ‘n belofte dat elke struikelblok ‘n tree nader aan sukses is, elke uitdaging ‘n geleentheid vir groei, en elke droom ‘n moontlikheid om bewaarheid te word.

Aan die nuwe saadjies van Hoërskool Jim Fouché, mag hierdie aand ‘n huldeblyk wees aan die krag van moed wat in jul harte brand. Mag dit ‘n herinnering wees dat julle toekoms nie beperk word deur die grense van die hede nie, maar deur die omvang van jou verbeelding en die diepte van jou moed.

Mag ons skool vir julle leer dat in die skemer van die onsekerheid, skyn die lig van hoop die helderste vir diegene wat die moed het om dit te sien.

Liewe graadsewe-saadjies, mag julle by Hoërskool Jim Fouhcé saai om te oes!

Berig deur: Lisa Botha

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.