JF OESTER

Iets uit ‘n ander wêreld!

Feb 18, 2024

Berig Deur Jone Theunissen

Are you the V-ball, because you are out of this world!

Sit aan jou veiligheidsgordel, want hierdie bal sou jou tot in die buitenste ruim neem!

Dié jaar se Valentynsbal was een vir die boeke. Die dekor was van hoë gehalte en die vingerhappies was asemrowend. Ongeveer 700 leerders van orals in die dorp het hierdie buite-die-wêreld aand bygewoon.

Die aand het begin met al die paartjies wat by die fotohoekie ’n foto kon neem. Uitgedrukte foto’s sal aan elke leerder gegee word. Die kaartjies was goedkoper as die vorige jaar s’n, wat ‘n groot bonus is. Die paartjiekaartjie was R280 en die enkelkaartjies was R150.

Eerste op die agenda het die Sosiale komitee die Meneer en Mejuffrou Valentyn aangekondig. Die gekroonde wenners was Heinrich Hattingh en Nelri Venter. Die Valentyn-paartjies het daarna die dansvloer warm gedans! Toe kon die leerders vir hulle vingerhappies en vingerpoedinkies vir nagereg kry.

Roechelle van der Merwe, hoofmeisie van 2024, sowel as die organiseerder van hierdie suksesvolle aand, het gesê: “Dit was regtig ’n baie lekker Valentynsbal;’n goeie laaste een! Ek is baie dankbaar vir meneer Van Zyl en die sosiale komitee wat gehelp het om so ’n groot sukses van die bal te maak. Daar is geen oomblik wat vir my uitgestaan het nie, want die hele aand was besonders!”

Die aand het rondom 10:45 geëindig en volgens meneer Van Zyl was dit die meeste kinders nog wat tot die einde gebly het. Dit getuig beslis van ’n baie suksesvolle aand!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.