JF OESTER

Groen bo, altyd so!

Oct 27, 2023

Berig Deur Jone Theunissen
Emily Marx

“I am green team ‘till I die, I am green team ‘till I die …”

Saggies maar seker eggo dit nog deur die stoepe ná laas Vrydag se groot oorwinning vir die groen span.

Op Vrydag 20 Oktober het die leerders van Jim Fouché 2024 hulle stemme laat hoor. Ná die matriekgroet was daar baie hoop en blydskap onder die ander grade. 2024 se rasieleiers is in twee groepe (Wit en Groen) opgedeel, en die res van die skool ook volgens hulle vanne.

Na net één week se oefening was die spanne gereed om te kompeteer. Die dag het afgeskop met optogte van albei spanne. Die wit span het begin en tweede die groen span.

Albei dansies was uniek en vol gees. 2022 se rasieleiers het kom beoordeel watter span het wat dit vat om die kroon te dra. Na die optogte het die grade in spanverband teen mekaar meegeding. Dit het aanvanklik baie goed gelyk vir die wit span, maar die graad 11’s het die groen span gehelp om die beker te neem. En deur dié oorwinning het die groen span die speletjiebeker verower. Uiteindelik het die groen span ook met die Geesbeker weggestap!

“Die Bokke se kleur het ons deurgedra,” sê een van die groenspanseuns. (Die Oester hoop dit voorspel net goeie dinge vir Saterdag se eindstryd.)

Met kompetisie, spanwerk en baie gees was die dag ’n reusesukses. Die geesdag van 2023 sal ons nooit vergeet nie!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.