JF OESTER

Pure pienk plesier!

Aug 18, 2023

Berig Deur JF Oester

Resensie: Barbie
Uitgereik: 21 Julie 2023
Regisseur: Greta Gerwig

Akteurs: Margot Robbie, Ryan Gosling, America Ferrera, Will Ferrell, Kate Mckinnon, Ariana Greenblatt, Issa Rae, Rhea Pherlman, Hari Nef, Emma MacKey, Alexandra Shipp, Michael Cera, Helen Mirran, Simu Liu, Dua Lipa ect.

Vervaardigers: Margot Robbie, Tom Ackerley, Robbie Brenner, David Heyman, Laurence Mark, Amy Pascal

Gradering: 8

Barbie en Ken het die tyd van hulle lewens in die kleurvolle en perfekte wêreld van Barbie World, maar dan moet die twee poppe die avontuur na die regte wêreld aanpak. Albei
ervaar die vreugdes en gevare van die lewe tussen regte mense.

Barbie is ’n oorbekende karakter a.g.v. die effek wat hierdie pop in menige dogtertjies (of seuntjies) se lewens gemaak het. Daarom, toe die film die teaters tref, was almal – van jonk na oud – in pienk getooi. Die film herinner mans daaraan dat hulle hul eie mense is, en dat vrouens nie konstant perfek hoef te wees nie. Klem word gelê op die feit dat meisies mág wonder, anders lyk en hartseer mag wees wanneer nodig. Maar hulle móét opstaan en terugveg vir dit waarin hulle glo.

Vinnig opgesom: Barbie leer meer van haarself en haar doel in die lewe. Ken besef hy is nie net Barbie se kêrel nie; hy is “(K)Enough.”

Dit was ’n ontspannende film, met goeie humor, ’n film wat van ou ooms tot klein dogtertjies laat lag. Ek het hierdie film as deja vu ervaar. Dit was werklik, soos baie mense sê, ’n “trip down memory lane.”

Die gevolgtrekking? Doen jouself ’n guns, trek pienk aan, nooi jou vriende en gaan ontspan in die verlede!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.