JF OESTER

Aanstap Rooies … Skuus, Verkenners!

May 23, 2023

Berig Deur JF Oester

Op die 7de Mei 2022 het ’n groep opgewonde leerders vroegoggend by die skool bymekaar gekom. Dis koel, maar nie eers die koue kon die opgewondenheid van die “verkenners” demp nie.

Ongeveer 160 verkenners en onderwysers het hierdie oggend na Camp Unity vertrekso ’n uur vanaf Bloemfontein in die rigting van Tierpoort, slaggereed vir die groot avontuur wat wag. Met die aankoms het almal eers Dappermars-voorligting ontvang en is daarna in groepe verdeel.

Die Verkenners is behoorlik verwelkom met ‘n paar “fear factor”-aktiwiteite, wat ingesluit het om ’n slang vas te hou, ’n spinnekop te streel, en wurms te eet!

Daarna het die skattejag begin en die groepe het doelgerig begin stap en hulle leidrade begin opvolg. Met behulp van die Navmii-tub het dit baie vinniger gegaan. Die groepe het om en by 21:00 die aand begin tot al die leidrade gevind was. Nodeloos om te sê is daar maar min geslaap, aangesien die mars ongeveer 17 km later eers tot ’n einde gekom het.

Die Sondagoggend, ná ’n heerlike ontbyt, is daar opgepak, en die Verkenners is moeg, maar tevrede, terug Bloem toe, net betyds om ’n heerlike Moedersdag saam met hul geliefde moeders te vier.

#DieBesteDingeInDieLeweIsGratis

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.