JF OESTER

Hier blom kultuur!

Mar 17, 2021

Berig Deur JF Oester
Hoërskool Jim Fouché, met sy verskeie kultuuraktiwiteite, skop al vroeg hierdie jaar af. Die Oester het by twee van hierdie aktiwiteite gaan inloer.
Die redenaars is al lank besig om voor te berei vir die ATKV se Redenaarskompetisie. Teen Vrydag 19 Maart stuur hulle al hulle opnames in en wag dan in spanning om die uitslae te ontvang. Verder in die jaar wag daar nog minstens twee kompetisies op hierdie sprekers.
Redenaars, voorbereid én onvoorbereid, is werklik ‘n leerder se geleentheid om sy/haar sê te sê!
Ons almal ken die gesegde: “Kinders moet gesien en nie gehoor word nie.” Wel, by Redenaars is dit kinders se beurt om nie net gesien te word nie, maar ook gehoor te word en op hierdie manier ‘n verskil te maak daar waar hy/sy kan!
Die Oester het ook gaan aanklop by ons dramakonings en -koninginne.
Ook hierdie kultuurdiere is al druk besig, en oudisies vir die komende Tienertoneel het reeds plaasgevind.
Hierdie jaar het leerders nie net die geleentheid om deel te wees van juffrou Isabel Theron en haar span se wonderlike produksie nie, want juffrou Michelle Joubert, ‘n gesoute teateraktrise, vorm ook nou deel van JF se dramaspan.  Meer leerders het dus nou die geleentheid om hulle potensiaal op die verhoog te ontdek, en daarvoor is baie leerders baie dankbaar. Volgens Die Oester se inligting het hulle reeds begin repeteer en almal is baie opgewonde vir wat voorlê.
Drama en Redenaars is slegs twee van die kultuuraktiwiteite wat deur JF aangebied word, maar weet vir seker: As kultuur in jou bloed klop, dan is JF die plek vir jou, want hier word kultuur baie hoog geag.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.